Giorgi Margwelasjwili

Giorgi Margwelasjwili
გიორგი მარგველაშვილი
Giorgi Margwelasjwili
Giorgi Margwelasjwili in 2014

President van Georgië
Ampstermyn
17 November 2013 – 16 Desember 2018
Eerste minister Bidzina Iwanisjwili
Irakli Garibasjwili
Giorgi Kwirikasjwili
Mamuka Bakhtadze
Voorafgegaan deur Micheil Saakasjwili
Opgevolg deur Salome Zurabisjwili

Minister van Onderwys en Wetenskap
Ampstermyn
25 Oktober 2012 – 18 Julie 2013
Eerste minister Bidzina Iwanisjwili
Voorafgegaan deur Chatia Dekanoidze
Opgevolg deur Tamar Sanikidze

Persoonlike besonderhede
Gebore 4 September 1969 (1969-09-04)
Tbilisi, Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek
(nou Georgië)
Politieke party Georgiese Droom
Eggenoot/-note Maka Chichua (sedert 2014)
Kind(ers) 3
Alma mater Staatsuniversiteit van Tbilisi
Sentrale Europese Universiteit
Georgiese Nasionale Wetenskapakademie
Handtekening

Giorgi Margwelasjwili (Georgies: გიორგი მარგველაშვილი; geb. 4 September 1969) is ’n Georgiese politikus wat vanaf 17 November 2013 tot 16 Desember 2018 as die land se president gedien het.

Hy het filosofie studeer en was twee keer rektor van die Georgiese Instituut van Openbare Betrekkinge. In Oktober 2012 het hy lid van die nuutgevormde kabinet van Bidzina Iwanisjwili geword as die minister van opvoeding en wetenskap. In Februarie 2013 is hy ook aangestel as eerste adjunk-premier. Margwelasjwili is in Mei 2013 deur die koalisie Georgiese Droom as presidentskandidaat aangewys en het in dieselfde jaar die Georgiese verkiesing met 62% van die stemme gewen. Hy is nie lid van enige politieke party nie.[1]

  1. Margvelashvili Named as GD's Presidential Candidate. Civil Georgia. 11 Mei 2013. URL besoek op 11 Mei 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy